Kind wat het van jou geword
kinder, kindste van my wat het van jou geword ek sien jou nie meer glimlag in die spieël kinder, kindste ons vry‘nes verniel en ons dagdrome ingekort kinder, kindste van my wat het van jou geword jy kon speel, kon gee, kon voel en jou kinderhart kon leef, sy doel om te raak daar […]
Mei 2024 – OOP Projek
Beste INKers Ek het onlangs ‘n heerlike aanhaling gelees, en alhoewel ek nie suksesvol was om die outeur te identifiseer nie, wil ek dit tog deel: “Jou bestaan is soos die eerste dag van my lewe in die koudste winter.” – Onbekend Nou dat ons so op die welkom-mat van die winter staan, hoop en […]
DOOD DEUR ‘N PAAR DONKERBRUIN Oë
DEEL 1 DOOD DEUR ‘n PAAR DONKER BRUIN Oë 1943:- WEESHUIS TOE Pappa is net na die ander huis toe Ek en my twee boetjies, Willie en Hansie staan saam met Mamma in ’n groot kamer, Hansie sit op Mamma se heup en klou nes ’n apie. Daar is ’n lang bruin tafel in die […]
Om weer klein te wees
(Woordtelling : 886) Kinders het die wonderlike gawe om nog die wêreld as ʼn magiese plek te ervaar. Daar waar feetjies en kabouters vir blomme sorg en diere in verstaanbare taal met mense kan kommunikeer. Hul wêreld is ʼn plek van wonders en towerkuns waarin jy jouself kan verloor, mits jy bereid is om […]
Daar speel ‘n kind saam die wind (goud)
Kind van albaster kind van vreugde vol son nugter is jy in jou weë tree op tree skarlaken kind halfdag voor en rondomtalie om kom my kind kom my blom, hoe skyn die wêreld in jou pêrel oë hoe lag die blare in die wakker wind as mens die vreugde van ‘n kind sal vind. […]
drake en duiwels (silwer)
drake en duiwels in vlugte van verbeelding met vlerke wyd gestrek vlieg ek weg van hierdie plek waar wrede monsters skuil en langtand wolwe huil ek kruip weg in my dop as my hart wild klop-klop soos perde wat galop nagte is vir bang raak wanneer vloerplanke kraak en hy my deur oop maak dan […]
anderkant die spoor (SILWER)
anderkant die spoor aan die verkeerde kant van die spoor daar het my lewensspore begin loop vele huisies met piepklein erwe voor Jim Reeves wat op Sondae sing van hoop kindertjies klein wat tot laat in die straat speel pa slaap in stilte voor sy volgende skof waar die Roepman eensaam skof uitdeel […]
Kindertroos (silwer)
Meer as ‘n godsdienstige dissipline of ‘n geestelikheidjie op my kerfstok of ‘n strawwe skoot breingimnastiek wat sê ek’s wel al voel ek siek kom die refrein – moet julle nie kwel nie nie net as ‘n opdrag uit die hoogte terwyl ek spartel in my nood nie net gelaai met groot gesag deur een […]
Speelmaats (SILWER)
Speelmaats (SILWER) Die Karooson soek skamper na maats wat wil speel want die donker donderwolke het hom dae lank verveel. Kyk, sy strale lok ons skaamskelm na buit’ en die grondpad modder goud voor ons uit. Daar wag ietsie int’ressant om elke draai wat nou skoongewas in sonlig baai. Ek hou jou […]
Glaad 1 deelles (SILWER)
Glaad 1 deelles Jufflou kan my en Lex “nie langel saam vedla nie” (sy’t ons opgebleek, sodat ons haal nie meel pla nie). Ek het pouse vil my maats ve-tel: Mamma’t vil Ouboet tokse “aanlyn bestel”. Hul weet ook ons huis is deulmekaal en die blood was alweel klaal. Hul weet lánkal […]