Februarie 2026 – OOP projek
Beste INKers .Ons nooi julle uit om saam met ons in die donkerste, mooiste en mees onverwagte hoeke van julle verbeelding in te duik. Hierdie projek het geen tema nie. Gaan na die plekke in julleself waar woorde nog rou en ongetem is. Waar die emosie nog nie ’n naam het nie. Waar […]
Die dag na my besluit.
Een ding is baie seker: niemand praat regtig oor die dag ná ’n nuwe begin nie. Ons praat. Maar praat oor die besluit self – daardie oomblik wat ons die besluit geneem het, met baie bravade, vol vuur en groot woorde, praat ons nie! Ons hou van die idee: nuwe jaar, en nuwe voornemens Maar […]
Eerste lig (Goud)
elke jaar kom lê soos ’n skoon dagboek voor my, bladsye bleekwit, wagtend vir my hand soms skryf ek, soms krap of teken ek – inkleur ek wat skeef begin, versier wat myne wil wees vroeë oggendlig verdryf die donker, skadu’s smelt voor weerbegin ’n geleentheid aan my gegun om my lewensverhaal weer oor te […]
Stille metgesel (Goud)
Vandag … gaan ek vergeet van my metgesel, nie omdat hy weg is nie, maar omdat ek wil LEEF! Ek maak my oë oop en dank die Vader, want ek kan nog kyk na die groen grasse in die veld Vandag … sal die kloppende pyn my nie keer al voel ek hoe dit nesskop […]
nuwe horison (Goud)
soms kom daar ‘n tyd om ‘n ou-bekende horison met sy geliefde en bekende lê op die oog en in die hart agter te laat om een laaste keer daarna te kyk die toneel soos ‘n stilfliek in swart en wit te laat speel en te sien hoe elke nuwejaar ook ‘n nuwe lewensjaar was […]
herhaal (Goud)
ek twyfel soms in my digterlike weë en my vers-voetval in die poëtiese landskap… ryk en vrugbaar soos ‘n omgeploegde land dán neem ek my verse met groot omhaal onder die loep ek weeg en meet en pas die strukture van vryvers en rym ek let op bepaalde krag-maneuvers om die wisselwerking tussen verse, […]
‘n Stil besluit
Lien en Leo Meiring sit op ’n terras in Mauritius. Die terrasse het soos drome in lae teen die berg gehang, elke vlak ’n fluistering van kleur en lig. Rooi aarde wat gloei soos geheime vlamme, groen suikerriet wat sing in die wind, en die lagune onderaan wat glinster soos ’n verlore juweel in die […]
Hou dit nooit op nie? Sug.
Die verklaring in die HAT woordeboek vir veerkrag/veerkragtigheid: weerstandsvermoë, elastisiteit, wilskrag, die vermoë tot herstel. Maar wanneer is mens veerkragtig? Elke keer wat jy doelbewus deur moeilike omstandighede werk, bou jy aan veerkragtigheid. En ja, soms voel dit asof jy weer van voor af moet begin, veral as die lewe jou voete heeltemal onder jou […]
[BRONS] tronk-kos tot kaviaar
tronk-kos tot kaviaar van brood wat breek soos beloftes in twee, die klank van sleutels wat drome uitvee en nagte wat lank lê en nie verby wil gee. van tronk-kos tot kaviaar dis geen sprokie nie, dis sweet en stilte en wagtyd waar niemand jou naam onthou. hy het lepels vol skaamte geëet, water gedrink […]
Die melkweg baar n stêr Goudklas
teen die kosmos hang sy… ’n engel wit soos sneeu in haar hande hou sy die hemel, die uitspansel blink in haar kroon saggies fluister sy n hallelujah en stuur dit op die wind se rug ’n boodskap van nuwe lewe, ’n Nova, ñ nuwe ster gebore – helder en blink sy glimlag – […]