[SILWER] – DIE MAAN IS GETROU
DIE MAAN IS GETROU Jou krater kop soos kroon Helder groot! In jou majestueuse voorkoms verwonderende visioen ‘n getroueling stewig op fondasies versoen O’ Majesteit buig ons voor jou neer jou opdragte wat die see sy kafritme leer Mens het diep spoor op jou kleed getrap jou geheime prag vir veel verklap Met jou swaartekrag verset […]
in arendsklou (Brons klas)
in arendsklou (vir my ander suster) met ’n onopgesmukte saamgepersde lip in ’n rookwolk se wit walm: breek deur geskreefde troebel oë die moedige strofe… ‘ek is wie ek is sal vir altyd wees wat ek is, dis ek…’ sy skilder haar legkaartmure hoog met ’n gespalkte gewrig en aan-een-haelende kweshale goudgeel sonstrale en ’n […]
stilte
eers sagte dreun geluid van ver oor die see vibreer dit vermeerder in intensiteit nie toon word naderhand so erg dat dit oorneem alles en almal oorneem tot in diepste siel dit voel asof my breinlobbe saam vibreer soos ‘n selfoon se vibrasie net baie meer sag, onheilspellend dreun die golwe op strand […]
Ou Madala en die waterwyser
Ou Madala en die Waterwyser Die seun se seningrige lyf word groter soos wat hy oor die duine naderkom. Ou Madala skreef sy oë teen die verblindinde Noord-Kaap son. Die draadkar maak ‘n lang ry netjiese spore regoor die sandduin en lê roerloos in die windstiltes van Keimoes. Hier onder die afdak is die verstikkend warm. Dié dat […]
Wat is jóú voorgee?
Van Gholf weet ek niks – boggerol, maar ek hoor altyd hoe mense met hulle voorgee spog. Ek wonder maar net of die voorgee van die voorgee werklik is, of is dit net wat hulle wens dit moet wees? Voorgee is mos ‘pretend’ in Engels?! Die wyse Shakespeare het gesê die wêreld is die verhoog […]
Koppie van verlatenheid
In my wildste drome sou ek nooit kon dink dat daar uit my bodem sou verrys ’n koppie waarop ’n kruis gaan staan wat na die hemel wys uit my stof is Hy bestel en met God’s asem opgetel die glorie van Sy bloed het gedrup op my bodem gekleef aan elke korreltjie van my […]
Introspeksie
ek blaai deur die gesigte van my gedigte sien verdoeselde drome in my rympatrone vorm elemente van rymdwang in die enjambemente van my sonnette in segmente van woordaksente in my sekstette en liriese koeplette herhaling van konsonante en vokale in my liefdes-ballades en epiese odes ek lees die metafore in my spore van onthou soek […]
Kerk of grasperk? Goudklas
Kerk of grasperk? Bergpredikasie. Een woord. Grasperk gelowiges. Toe onse Here daar op sy klip preekstoel tussen die dorings gesit het. Daardie dag was daar geloof. Geen klipmuur of glasvenster nie. Die hemel was Sy lig en die berge en Bome sy skanse. My kerk gebou is mooier as joune. Sommige predikers spog met […]
Gamkaskloof se kronkelpad. Goudklas
Wie die slimjan is wat vir Charles gesê het die Hel is ‘n moet op ons emmerlys, kort ‘n klap. Kyk mooi was nog nooit lelik nie, maar mooi kan ook gevaarlik wees. So pak ons mos op dag drie of dalk vier, (ek is nog steeds getraumatiseerd so ek wil nie onthou nie) […]
helder
skitter wit skyn tot in my siel nog een dag, vandag dankbaar luister ek dan na voëlgesang en bid ek dat elke nuwe dag se lig soos vandag se skrynende helder lig, deur duister sal breek – op my pad oor my duine en seë elke golfie se wit soom om my voete […]