[BRONS] Villanelle: Na jou asem weg is
Na jou asem weg is Na jou asem weg is, moet ek weer asem vind,ek het jou naam in die donker ontbloot.My stilte ontbreek in die na-nag se wind. Jou kamer ruik nog na trane ontbind,van beloftes wat jou groei sou verstoot.Na jou asem weg is, moet ek weer asem vind. Ek tel my dae […]
Die stad se getye
Die stad se getye Die droogte het soos Tafelberg tussen my en my boerman kom staan. ’n Bykans onmoontlike groot versperring tussen dit wat ons wil en dit wat ons kan. Ons keuses het een na die ander voor ons oë opgedroog. Die verskoning dat die droogte nie vir ewig sal aanhou nie, het afgewater […]
hervestiging (goud)
hervestiging tevergeefs het ek probeer om kameeldorings te verplant (vir skuiling in die skaapkraal of skadu vir ontheemde boslelies) maar die blare het bly verlep en die stamme aanhou verdor ek weet nou dat ’n penwortel wat diep deur rots sy pad gevind het, in vrede gelaat moet word my eie wortels – ook diep […]
Nuwe dag van vrede
Brons afd Dit is n’ nuwe dag net weer dat son aande verdwyn wetend God gee ons Krag want die son sal weer skyn Nuwe kanse om ander te vergewe In vrede met almal te leef Hoop is waarna ons strewe met nuwe dag van vrede Wil elke dag oorbegin, nuut lewe vertroue in ons […]
ʼn Onbekende begin
Prosa stuk 710 woorde ʼn Onbekende begin “Help! Boaz dink hy is ʼn seemonster!” gil klein Tessel van agter die sitkamer bank af. Die 2-jarige Jupiter skrik sy gat af na die gil en smuit sy hele pap bakkie op die vloer neer en sit keel op, Sammie die skaaphond laat nie sy kans gly […]
Twee teen een (‘n nuwe lewe) Goud 505 Woorde
Die skaal syfer op en af. Dan ruk dit moordadig sadisties tot stilstand. Vicky kon sweer sy het die ding sien grynslag. Desember was defnitief nie goedgesind teenoor haar nie. Haar denim klou soos ‘n helm aan ‘n pasgebore baba oor haar boude. Sy sug en skop die skaal met mening terug onder die bed […]
verwonder
turkoois gekleurde tapisserie verfkwas van die Skepper in pastel in verwondering staar my oë daarna meesterstuk wat in minute ontplooi voor my verander die vaalgrys in towermooie rooi-oranje sifwolkies wat telkens in helder rooi glim dan is die oomblik soos elke nuwe ook weer verby bly net my warm hart dankbaar klop […]
nuut
Brons afd Nuut Salomo, ek sal jou glo in jou spreuk dat niks nuut is – hier benewe of bo. Dat alles wat ís al wás en sal wees. Jou wysheid verklaar dat God ewig sal heers. Tog, Salomo, vir my is dit nuut as die uitspansel rys en die sterre […]
Te naby my
Januarie projek Silwer Te naby my jou hande het te klein geword om my vas te hou my tentpenne moes ek verder inslaan sodat my skadu steeds skuiling kon bied aan die siele wie se dag sterf soos ‘n rot op sy rug ek het losgeraak van die pyn en seer en van jou so […]
November & Desember 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 8 lede! WENNERS: BRONS: (1) 34 Nicola Brown met Daldykan Reka (2) 35 Nicola Brown met Heliantus (3) 22 Rika Gerryts met Altyd nuut SILWER: (1) 6 Coenie Horak met Ter aarde bestelling (2) 3 Coenie Horak met Repliek (3) 8 Coenie Horak met Onthou GOUD: (1) 2 Pieter Mostert met […]