Lewensvreug
In die ritme van my aardse bestaan waar ek deur fases van lig en donker gaan is daar soms skadus van verlies en pyn soms sweef ek vry in die helderblou lug, vry, vry soos ‘n voël in vlug, skyn deur die donker kokon uiteindelik weer die lig kom vreugde in pakkies met sterre versier […]
Kruik vol trane
Met eerste lewenslig van lewe, was jy daar – met eerste asem teug, vreemd en tog gehoort, sien ek jou sleepvoet tussen kinders soms baldadig en oorboord. Met eerste tiener liefde was jy daar – ongevraagd deel van die verhaal, word jy deel van die liefde seer wat soos die namiddag reën neer daal. Met […]
Woorde tussen jou en my
Ek wou nog vir jou… ‘n Fênsie gedig skryf en spog met my taal en ‘n ou digterslyf laat pronk – toe my muse verdwaal en daar laat ek die aap uit die mou. Ek wou nog vir jou… klank met klinkers en waardig afdraand waggel met rymende woorde en tooi’ende blinkers sonder om woordloos […]
Dagbreek
Elke oggend wag ek vir jou… om die hemel te tooi in rooi, om jou nag kombers af te skud, om te glinster in die mȏre dou. Jou warm strale op my gesig – om jou kalmte te ervaar jou rustigheid – namate jy die wȇreld verlig. Jou glans, sag en warm wyl jy liefderik […]
Lappies kombers van ‘n Engel
Onthou jy nog die Slamaaier smous en sy donkie wat stadig loom in sy sonnedroom… langs pop’lier in die oggend dou? Van appel en granaat tussen als en nog wat snuitery en twak tot lappies lap en brokaat vir ‘n sjieling of twee koop jy ‘n week se snoep vir algar oppie stoep voordat die […]
NET SOOS ñ AREND
NET SOOS ñ AREND Net soos ñ arend sprei jou vlerke oop strewe na ñ liefdesend na vrede en nuwe hoop soos ñ adrendsvlug hoog op ñ eensame vlug soekend na liefde in die wind om sy eie geluk te vind by die stroompie tussen kranse vloei sy hartglowe na nuwe kanse sprei jou groot […]
ALTYD IN MY DROME
ALTYD IN MY DROME Altyd in my drome ewig saam met jou jou liefde brand soos ‘n vuur binne in my op die grondpad stap ek en jy mooiste blommeprag langsaan my in my drome draai my wêreld rondom jou jou liefde brand soos vlamme binne my sal jy jou liefde toevertrou en saam met […]
DEURE VAN MY HART
DEURE VAN MY HART My deure van my hart staan wawyd oop vir jou na al die kamers van my hart sluit my hart se deure oop vir jou en verlos my van pyn en smart ek soek jou in my eie hart in elke deeltjie van my smart my hart is baie stukkend as […]
Dogters van Afrika
daar is stories in jou oë wat vertel van klein Krotoa dogter van die Khoikhoi stam – strandlopers aan die kaap – vierhonderd jaar gelede al tot hottentot versaak maar slim was jy en mooi vir die Hollanders van die kaap by hulle het jy opgegroei selfs hul taal het jy leer praat jou waarde […]
Toe ons nog jonk was
onthou jy hoe het ons gedink die windpomp waai die wind hoe die blinksaadgras in die moreson vir ons kon dans en wink ons kon prentjies in die wolke lees soos stories in ‘n boek fonteine kon ons ons verbeel waar hitte op spookpoele speel geglo dat eggos in die koppe weerklank se roepstem is […]