Jongste aktiwiteit:

Projekte(Bladsy 482)

Hoe groot kan jou wêreld wees as jy dit nie meer sien vir wat dit werklik is nie… so staar jy deur ʼn waas vooruit maar fokus op niks nie Toe-oë toegespin toegebou in ʼn kokon Maak jou wêreld hier meer sin lyk dit regtig minder krom? Ingekeer vasgevang aan die draad waaraan jy klou Onderstebo opgehang […]

Steel die vormlose skaduwees wat my heel winter lank volg hoor ek hoe verlate krete roep Lenteontdekking … … Somersvreugde … Herfsbegrip Winterskombers … Ek probeer warmte soek onder jou krul’vlerk my lag is nog vasgevang in die ys van my koue lyf Voel ek jou hartklop waar somer skaam sy kop ontbloot breek die […]

wyl witstamberke se blare geel raak, die druif se blad tot roesbruin kom die berg se piek so effe skuins leun, geëts teen blou en amperwinterson – pryk amber akkerbome so laatherfs loofverlore, staan straathoek bedelaars in komberse toegemaak en weerklink deur endlersale* sang in vele tale – word pepermossies* uit nuwe monde hergebore © […]

Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan – langs die pilaar wat toe nog geel was. So, asof hy vreemd was aan daardie welbekende plek. Só asof hy van alles wou vergeet. En ek was te jonk om te weet – dit was […]

Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]

bo Durbanville se strate het die middernagse maan in silwergeel geglinster op haar eensaam wentelbaan en ‘n dikkop met haar kuikens het vanuit die niet verskyn benee ‘n donker hemel – die volmaan was aan’t kwyn haar vlerke het sy wyd gesprei om haar kinders te verskans teen die skerp straal van ‘n koplig wyl […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed