Boom van die lewe
van die begin kunstig geweef
in sinergie voortgebring uit stof
vry om te groei
om te wees
vrug te dra
die asem van lewe pols deur elke vesel elke sel
ek is son
ek is see
ek is maan
ek is sand
my uitgegiete fonteine deurspoel alle lewe
borrel oor in goud van hoop
wederbore lote spruit diep uit van binne my wese
groei tot in die buiteruim
ek tago met die planete toegeweef in kosmoskleure
ek treur oor elke veer wat val
deur al die eeue
gewigloos gesweef
is ek deel van die groot al se eb en vloed
se kwaad en goed
ek is lewe
©Evanthe 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.