
My winterson
Steel die vormlose skaduwees
wat my heel winter lank volg
hoor ek hoe verlate krete roep
Lenteontdekking …
… Somersvreugde
… Herfsbegrip
Winterskombers …
Ek probeer warmte soek
onder jou krul’vlerk
my lag is nog vasgevang
in die ys van my koue lyf
Voel ek jou hartklop
waar somer skaam
sy kop ontbloot
breek die vensters
van my siel oop
“n Pienk skynseltjie
‘n stralende nuwe ontdekking
‘n keur, met nuwe verse
die begin van nuwe liefde
Dis Lente!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus - As die seisoene draai projek