Soekend
Ek soek jou in die more ek soek jou in die aand Iewers by die werk naby my gisters more kom ‘n nuwe dag wagtend in vroeë dou in die sonstraal van verlange weet ek die koue wintersnagte toegevou in warm kombers jou liggaamshitte ontbreek soekend in die geur van koffie te vinde saamgevoeg in […]
Klawerbord en die Liefde
Saggies hoor ek die klawerbord in die agtergrond gespeel deur die een wat my die grootste vreugde bring maar hier diep binne in my lê daar ‘n leegte soos min want groot is die liefde tussen my en hom maar ‘n verskriklike alleenheid pak my beet want waar eens ‘n tere familie band was van […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 6
HOOFSTUK 6 Toe Stefan Botes Donderdag oggend die koerant oopmaak vang sy oog dadelik die berig en Langes se foto. Hy voel hoe hy yskoud word. Hy weet hy het nie die moord gepleeg nie maar hy weet ook dat hy die nommer een verdagte is en dat hy vanoggend weer n besoek van kaptein […]
September 2017 projek – Lente
‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa. Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees. Vir die digters: […]
My lentevuur
Sonder ultimatums het jy my lief – net soos ek is. Sonder pretensie aanvaar jy my – vir wie ek is. In die ongesproke verstaan wat tussen ons heers, bestaan stiltes gemaklik ongekompliseerd. Soos die laaste noot van ʼn basviool wat vir lank in suspensie in die agtergrond hang, leef die vibrasies van ons harte […]
Jy kan mos vlieg
Jy kan mos vlieg Natuurlik kan jy vlieg saam met die knip van jou oog op ‘n verbeeldingsvlug sonder begrip of verwagtinge mymerend deur die uithoeke van jou heelal. Natuurlik kan jy vlieg al is dt net om jouself van realiteite te red om by die oewer van jou siel gelykenisse te plak teen jou […]
Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan en in die verte na niks voor haar staar. Daar was ‘n storm in hom waarin sy haar stiltes moes begrawe toegedraai in ‘n wit wolkombersie moes dit sink s-e-s voet diep. Daarom is haar lag leeg en haar lyf […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
winter in die Wes-Kaap
die winterwind huil oor kaal gebarste aarde slaan vas teen toe ruite poele lugspieëling water wink blink in ver paadjies daar buite buite mens en dier se bereik ‘n boer val smekend in die stof sy oë moeg na die hemel gestaar tog kyk hy op bring hy steeds lof sy woorde deur die wind […]
‘n Straal van groen
God se vinger pluk ‘n koel bries en sprinkel oor die krummel droëë blare korreltjies goud en silwer towerkrag ‘n herdruk met ‘n nuwe omslag Aan die donkerkant van hoop lê winter koud die vensters is op knip sodat geen onheil daardeur kan glip Langs die gruis vaalpad in die maan se skyn ‘n swart […]