Natuurmooi
Fyn beneweld bedwelmend sonsondergang pleitend agter fynboomsnare onder rookwalms treiter grashalms skeppende boomsilhoeëtte langarm grasieus fikflooi na kante opregte winterbravade kaalgestroop van blare uniek betower natuurmooi Louisa van Vliet (Amazon)
Hartsbegeerte
Groot is die begeerte in hart wetende dat ek nie mag begeer maar hier diep binne in my woel dit erg want verslae lees en sien ek mense verbystering slaan in my gemoed vas verlore siele opeindig in ‘n gevange stryd weet nie meer waar hul inpas nie en gewonne gee aan die stryd van […]
See en Sand
Van die balkon af staar ek na jou blou die see met skip ver op die horison sonsondergang speel tydsaam sy rol met rots die mooiste silhoeëtte en skemeraand stadig kom hooggety ingerol na sand en duin haas ons af strand toe, gou gou die laaste mooi geniet in skemeraand liefde ek en jy, alleen […]
DEEL VAN JOU
Lê my neer in die holte van jou hart waar ek met elke klop deur jou are kan spoel sit my saggies neer in die murg van jou been waar ek met jou elke beweging onlosmaaklik een is met jou maak vir my ’n plekkie in jou gedagte kamers sodat jou dink telkens my gesig […]
winde van verandering
warrelwinde van verandering maak my ‘n vreemdeling woeste winde ruk aan my huis se dak verdraai my gees ek hoor hoe die jakkalse tjank die wilde honde snuffel by my deur vrees maak my dit wat ek nooit wou wees ek sien groot bome skeur en val waar daar lewe was is dood my reënboog-drome […]
lentetyd
Nuwe lewe roer in ou boomsap lentetyd beloftetyd kleurebotsels blom almal kry die blye boodskap die swaeltjies het huis toe gekom. Te lank die winter kou te lank die winter grou ‘n kakafonie van kleur en klank bars kos as voëls saamsnater dit is ‘n nuwe seisoen dit is tyd om nes te bou tiptol, […]
Om weet te leef
Jy weef vir my ‘n mat so sweef ons hoog bo die grond oor dale, oor berge, hoog bo wolke. Jy sing vir my ‘n lied wat eggo’s vleg om my siel beroof my ruimtes van stiltes so neurie ons saam met die wind en dans in die strale van die son. Jy skilder vir […]
Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Kan jy onthou?
Ek wonder of jy kan onthou dat ons ligjare gelede gedans het op die walms van die maan lank voor skadu’s gate sou brand deur ons gevleuelde drome; toe ons vir ‘n oomblik net na mekaar kon staar terwyl ek sterre probeer plant in jou oë. Lank gelede, my engel was jy d-a-a-r as ek […]
Blind wees
Vroeg in die morestond met sonsopkoms en die laaste sien van die morester se verdwyning kom gedagtes by my op hoe ver het ons mens gedaal na vlakke in ‘n wereld van ons eie niksseggend kyk ons toe hoe lewens afgebreek word hoe ‘n land inmekaar tuimel ‘n volk uitgestoot word op sy geboorte grond […]