Hartsbegeerte
Groot is die begeerte in hart
wetende dat ek nie mag begeer
maar hier diep binne in my woel dit erg
want verslae lees en sien ek mense
verbystering slaan in my gemoed vas
verlore siele opeindig in ‘n gevange stryd
weet nie meer waar hul inpas nie
en gewonne gee aan die stryd van
oorgee net aan Jesus Christus
die maklikste uitweg ooit teen sonde
Here hoor my smeek gebed na hulle
wat nie hoor of sien in die goeie koms
op die wolke gaan Hy kom in sielestryd
want kies moet Hy kies waar Sy toorn
die grootste rol ooit moet speel
so lief as wat Hy hulle het
moet hulle uitgespoeg word in stryd
teen ongehoorsaamheid aan God
Here u ken my hart wat brand vir U
en weet ek vergifnis is groot in begeerte
dat elkeen tog op die einde hulle plek
by U sal vind, en sonde neerlê in opdrag van U
want vir U bruid gaan U kom
hoe seker gaan ons weet ons is U bruid
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.