Jongste aktiwiteit:

See en Sand

Van die balkon af staar ek na jou
blou die see met skip ver op die horison
sonsondergang speel tydsaam sy rol
met rots die mooiste silhoeëtte en skemeraand

stadig kom hooggety ingerol na sand en duin
haas ons af strand toe, gou gou die laaste
mooi geniet in skemeraand liefde
ek en jy, alleen bring ons in ‘n soentjie saam

bedink ons die groot oseaan met klam sand
onder ons voete gedy en twee harte beleef
ons hierdie oomblik vasgevang alleen by God
sy aangesig in die see, skemering en hemel

diep fluister ons in woorde ek het jou lief
trou beloof ek en jy met God tevrede gelaat
bars branders deur ons voete koud gelaat
laggend hardloop ons hand aan hand

liefdevreugde is ons bewus van twee mense
alleen saamgevoeg in hul eie gedagtes met
see en sand druis elke geluid tussen die stilte’
erg bewus kom speel die see geluid sy lied.

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed