Wenners: Augustus 2017 – As seisoene vir ons draai projek
Baie geluk aan die volgende lede GEDIGTE: 1 ste plek: Viooltjie met Vlieg is vir die voëls 2 de plek: Caren Kearley met Tussen seisoene 3 de plek: Anzé Bezuidenhout met Kerende seisoen Eervolle vermeldings: Anzé Bezuidenhout met Seisoenspore Palet met Dig en diep VERHALE: – Geen (nie tema opdrag nagekom nie) Baie geluk aan […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 7
HOOFSTUK 7 Begrafnisse was nog nooit een van Kas Dreyer se sterk punte nie en is hy as n gemartelde man die diens deur. Sy vrou, Annetjie, moet hom kort kort in die sy pomp om sy aandag by die diens te hou. Dat Laurika Botes baie mense geken het is duidelik, af te lei […]
Net voordat jy gaan
(ek weet … dit klink dalk als ‘n bietjie deurmekaar) en ek wéét ek praat te veel ek sien jy’s haastig om te ry, maar ek wil net hê jy moet verstaan só net voordat jy gaan; my Boland berg lê blou die kwikstert het ‘n nes gebou en drie eiertjies gelê in die middel […]
Bloukoekblik gedagtes
Sy bak koekies vir haar blou koekblik, sy geur dit met amandel. Buite vlug ‘n vlinder deur die laaste winterson. * O as sy kon sou sy saam met duiwe swerwe oor die erwe van haar moeders. Sy sou haar kinders vlerke gee om te wees soos ‘n albatros wat beur teen elke storm – […]
Eeublom
Lente skemer oor gletser-riviere mits dese ontwinter my hart ook bietjie-vir-bietjie ek koffer jou sneeu groet jou kil-stiltes vir goed eeukaktusse blom mos eers na honderd jaar altoos seisoen ek voetstoots vorentoe deur sidderendsmis, my eeublom in sig. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Kriekesang
Drie uur in die môre oor die nag se walms in palms sing ‘n kriek triestig van verdriet krr-krrr-krrr-tjie-krr sy liriek word spasmodies met wanstaltige note – geen antwoord op sy skree – maar eensaamheid sleep hom mee ritmies tik dié nag verby vlietend ontbind my gedagtes v-l-u-g-t-e-n-d dit bring my t’rug na jóú my […]
Uit God se hand
Vandag het ek jou ontvoer na die heelal van my stiltes daar waar niemand ons mymerings kon hoor. Ek reis dikwels na hierdie plek (saam met jou… in gees) waar waanbeelde van ons mitologiese droombeelde regeer. Hier tussen die griekse gode smag ek smoorlik en behoorlik na die selfkant van jou siel. Op die oop […]
Aandvers – 4 September
Toe het die son loop sak oor Brackenfell, agter westerheuwels – vêr. En een tarentaal het boomop gevlug. Dit was voor die eerste ster verkyn het – net voor die son finaal verdwyn het. © Carma Shaw 4 September 2017
Guns
Uit die stofwolk van die winter, vaal van die verdroogde spriet wyl Fynstof die kuns bemeester, saam met Warrel die lug in te skiet. Songessigie lag en speel en sing ‘n nuwe lentelied. Oor landskappe en grense heen laat God Sy guns gebied.
Die Veldmuis
‘n Yswind waai die droë gras en blare oor die bruin veld. Die hase hardloop en boks wanneer hulle mekaar se paaie kruis. Blou-grys tarentale wei in hul trop – die enigste kleur in die dorre gebied. ‘n Muis skarrel agter ‘n dorre boom in en hou als nuuskierig dop. Feetjies land saggies agter ‘n […]