Bont-blom bloes
Dit is ‘n nuwe dag ‘n nuwe bladsy in jou boek ‘n oomblik om te stop om net weer asem te haal Die essensie van nou… en raak stil ‘n tafeldoek met sagte voue en ‘n paar blomme in ‘n groot bak Waar ek deur gister blaai klere wegpak in my laai val my oog […]
En wanneer slaap die bosbokooi?
Leeus brul in die nag, uile jag, hiënas lag. In lemoenboorde (langs die Limpopo) knal gaskanonne sporadies in die donker. Bobbejane slaap nie. Olifante breek bome af. Voor ligdag roer blouape in Nyalaboomkrone. En teen skemer is ‘n jakkals aan die draf. Die nag is nie gemaak om in te slaap nie. Die nag is […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 8
HOOFSTUK 8 Kas wag omtrent n halfuur lank toe die konstabel Marie in sy kantoor inbring. Kas groet haar: “Dankie dat jy gekom het juffrou de Villiers.Sit gerus en kan ek jou iets aanbied om te drink”, vra hy. Marie skud haar kop en Kas wys die konstabel dat hy maar kan gaan. Toe die […]
Amanda se storie
Amanda is ‘n mooi vrou, maar die liedfe, ware liefde bly haar ontwyk.
Jan se storie
Jan kom nie met enige mens oor die weg nie. Hy en die liefde van sy lewe het ‘n pragtige gesin gehad. Maar toe tref die noodlot hul
Johannesburg is kragloos
Ondergrondse kabels is gesteel en ‘n groot gedeelte van die stad is sonder krag miljoene rande se skade wat tandloos in die donker lag Nou sit mens met gevoude hande in die verwoestende veldbrande was ek maar ‘n windpomp dan het ek my kop net weggedraai Hoe sluit die son die hemel oop in die […]
Gomsnuifer
waar het hy die stryd verloor êrens wag daar iemand naby tervergeefs aan sy koms te ver heen op sy eie trant strompel hy voor op sy eie gomsakkie onder sy neus en elke asemteug op ‘n ander planet pratende swerf hy rond oor veld en straat vermaak hy homself aan handgebare dansende arms in […]
Nooi
Die mooiste mooi oor een se lippe klink die woord nooi diep uit die hart kom dit met liefde deur gegee aan een wat omgee end eel dit uiter met diepte sag klink dit op die oor en maak ek dit my eie want in hart deel ons saam die liefde aan God gewei die […]
Die Boemelaar
Uitgeklok aan Genade winterkoud vuil verslete klouend aan ou kombers Iewers het sy lig verdwyn tussen gevoel en lewe uitgeklok aan genade alleen in eensaamheid wonder hy soms “hoekom” waar dan so skeef gedraai strompel hy deur strate op soek na iets te ete voor winkelvenster pak hy sy bondeltjie Koue sement vloer opgerol in […]
Kostroma se kombers
Omvou my met jou blomkombers wek die son, uit haar winterslaap Onthou om die lemoenbloeisels se geure vry te laat. Stuur dit met die wind op laat dit los hier voor my deur Stop die winter in haar spore, betower haar met kleur. Wink die skoenlappers nader, hits hulle aan so met die wind Vra […]