Heel die geestelike wonde
Soos Dawid, edel en rooi van gelaat Is j Hannelie, vanGod n heler, daar gelaat. Soos n borrelende, pratende genesende fontein. So sien ons jou siel, meer as net n droe fontein. Jy is n stille engel van siel en stukkende harte. Ja hy is meer as net n stukkie mens, vir almal n bate. […]
Digter sonder fênsie leestekens
Digter sonder fênsie leestekens Reeds aan moedersknie in teelaarde van ñ skrywer, jou eerste verse die lig laat sien – op brose jong ouderdom het jy “Dogter van Jefta” geskenk aan die samelewing Jou getroue weergawe van tienerwees in die skool en klaskamer eerbaar reproduseer- soms ook natuurtonele laat deurskemer in hoe jy jou sorgelose […]
Dit is volbring
Dit was toe die son sak; dat haar hart volmaan (oor ‘n lewe) haar drome himalaja – hemelhoog oor berg en piek want ‘n wil wat w-e-e-t sal nooit ooit van sy siel vergeet. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Ek Afrika
deur ‘n (on)begeerlike landskap wat trillend vibreer; ritmies en dorstig diep in jou hart kruip soos sonstrale se lag wat salig oor jou spoel jou wese kan stom klop met sy hart se skop ék Afrika jy my Elysium op díé oop klip van Tafelberg vou ons nou ons hande saam voor hierdie hemelsmaal van […]
Joviaal
Vandag wil ek my woorde om jou vou alomdeur jou drome huppel ; jubel in jou jywees en menswees jakôna wêna! vir ons vriendskap; sonder mense soos jy sal mense soos ek niks wees. Met opgewekte emosies wil ek laggend my arms om jou gooi jou hart se voorportaal v-e-r-l-i-g met my lofliedere want jý […]
Nuwe drome
Somber blou en grys geel en oranje strepe verf flou sonstrepe wat woes in die lug gryp Die nag is lank die wind is koud en ek soek-soek tussen die sterre na jou Op ‘n einde is die winter gister se verliese word vandag se nuwe drome maar vir nou is jy net ‘n stille […]
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig om die warm gloed van jou liefde vleg; my lippe morfotologies hang aan elke fonomorfiese woord wat heuningsoet oor my spoel. Jou selfs toelaat om deur die sagkant van my sonstrale te bars; om reënboogsplinters te strooi oor die stofpad van my hart. Maar nou staar jy net na jouself in […]
Droomverlore
In die gleufies van my lewe lê flentertjies van jou en bewe, amper het ek heeltemal vergeet dat jou liefde my bestaan afmeet. Ek wou so graag nog meer tyd saam met jou deel pampoenpitte vir jou steel dans in die skadu van ‘n rooikrans sweef oor valleie op die rug van ‘n goudgeel gans […]
Ken jouself
“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en soene wat soos sterre om jou sal skitter; sy sien hoe jy begeertiglik staar asof die son, maan en duisende planete om haar draai; maar sy sien haarself ook […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 9
HOOFSTUK 9 Kas en Annetjie het na Stefan by Chantal se woonstel aan gekom. Kas wou net klop toe die rusie losbars en Annetjie sy arm vasgryp. Hulle staan en luister na die rusie tussen Stefan en Chantal en hoor duidelik hoe Chantal vir Stefan daarvan beskuldig dat hy haar wou vermoor. Dan hoor hulle […]