Jongste aktiwiteit:

Uit God se hand

Vandag het ek jou ontvoer
na die heelal van my stiltes
daar waar niemand
ons mymerings kon hoor.

Ek reis dikwels na hierdie plek
(saam met jou… in gees)
waar waanbeelde van ons
mitologiese droombeelde regeer.

Hier tussen die griekse gode
smag ek smoorlik en behoorlik
na die selfkant van jou siel.

Op die oop strand
van ons verskietende ster
kan die binnekant
van ons verlore drome
vers vir vers deel word
van God se mooiste geskenk.

© Caren Kearley
Kopiereg word voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed