
Kriekesang
Drie uur in die môre
oor die nag se walms in palms
sing ‘n kriek triestig van verdriet
krr-krrr-krrr-tjie-krr
sy liriek word spasmodies
met wanstaltige note
– geen antwoord op sy skree –
maar eensaamheid sleep hom mee
ritmies tik dié nag verby
vlietend ontbind my gedagtes
v-l-u-g-t-e-n-d
dit bring my t’rug na jóú
my lief, dis jy, net jy
(soet kontoer van my seisoen)
wat my terug na Elisium kan lei.
Die uitverkorene binne jou
klim rats oor my lewensrots
verby my metafoor van ontwyk
waar dié nagkokkewiet van verdriet
se lewenslied verby my
i-n-t-o-n-e-e-r
hierdie verandering in my lewe
gebaar uit dié (on)aanvaarbare
verstandhouding van
alles
se
niks
dwing ons nou om te leef
v-o-l-u-i-t
net te leef.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.