
‘n Straal van groen
God se vinger pluk ‘n koel bries
en sprinkel oor die krummel droëë blare
korreltjies goud en silwer towerkrag
‘n herdruk met ‘n nuwe omslag
Aan die donkerkant van hoop
lê winter koud
die vensters is op knip
sodat geen onheil daardeur kan glip
Langs die gruis vaalpad
in die maan se skyn
‘n swart prentjie
op gister se rak
O liefling die blaartjies is soet in geur
kom lag kom sing
langs die koue oseaan
waar die sagte geruis
waai oor die goue woestyn
So wyd soos die Here se Genade
slaan majestieuse skilderprent, van Hoërhand
stil- stom gade
en tuinvoëls besing lente
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus As seisoene vir ons draai projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Caren Kearley
Pragtige vers met mooiste beelde.