Jongste aktiwiteit:

Napeinsing

By ons ontmoeting het ek jou reeds
só gevind, my hartslam
(verdrietig en bebrose)
toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet
nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding
diep in my siel het jou hart oop geskiet.

Ek het gesien
hoe jy verdwyn
met elke haatvlam
van jou hart se
aarselende
narsitiese klop
terwyl jou vlerke ontbind.

Ek het geluister na jou uurglas
en die gruis-stiltes
van jou korreltjies sand
wat tydloos verdwyn.

Vasgeklem in jou koper koutjie
reis jy deur ‘n wêreld
van goud en glans
waar ylweg jou
tjirpetjie-tjirp
weerklink
vergenoegd
in jou vergetelheid.

@ 2017 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed