Rus in vrede Moeder Aarde Goud
Jy sleep jou roetbesmeerde mantel met n swaar hand agterna terwyl jou wentelbaan kantel onder die las wat jy moet dra jou eens groen gelapte aarde verwoes en van geen waarde die mensdom is die vyand wat jou stadig laat versmoor met vuilgevlekte hande jou geleidelik vermoor delwers in die donker wat in […]
Musiek as lewensbloed #silwer
Musiek as lewensbloed Met musiek in ons ore voer verlange ons ver terug. In die bed in Anderkantland, luister ons na Vat Vyf op RSG. Lindenkoor sing en ons harte brand. My gedagtes lei my na Menlopark se meisieskoor met tannie Bonnie Osterhoff wat ‘n klavier kon kielie tot hy uit sy maag lag. Ek […]
Waar blomme groei #brons
Waar blomme groei Hier in die voorhuis in anderkantland, vasgevang in ‘n raamwerk op wiele, blaai ek deur my mobiele metgesel se magdom van sinvolle en onsinvolle praatjies. Ek kom af op ‘n bekende stem uit my hartland, my moederland. ‘n Stem wat week na week vir baie jare ‘n plekkie gevind het in ons […]
Genadige Ongenadige Groen
Ek het ʼn wilde daggaplant in my tuin en ja, dis ʼn wettige plant by ʼn kwekery in die dorp gekoop. Dit dra die mooiste trosse geel blomme. Die hoogtepunt is wanneer ek hom hoor roep; sy fladdering wanneer hy van tak tot tak spring. Dίs wanneer ek weet die suikerbekkie is in my voortuin. […]
Waar gaan tyd heen
Waar gaan tyd heen Deur: Ryno du Plessis Koekies in die spens,Sondae sou ons gaan swem. Paadjies bou onder dIe boom kan ek goed onthou. Groot geword; heel gesond Kinders Van gister stap al met hul,eie krose rond. Tyd het ver geloop, sy diep spore gelos. Vel nou sag, hare min. Oë half dof -wonder […]
“Die mier weet van orde sonder klag.”
Die vlamme van Buks Appelblaar se vuurtjie gesels soos opgewonde Boesmanjagters wat van ’n suksesvolle jagtog af terugkeer. Pieter sit langs Buks Appelblaar. Die stilte van die nag omhels hulle. Hy kyk op na die naghemel wat wyd uitgestrek in ’n onbeskryflike sterreprag bokant hulle lê. “So wyd soos die Heer se genade,” sê hy […]
Laaste wens
Waar lewe stom blom onder die rooibruin sand van duineland tot reën se druppels kom oor die duin se rand waar die hemel kobaltblou aan die ewigheid klou en nostalgie op die horison jou aan stilte toevertrou daar waar my spore ophou stories vertel in die sand ónthou dáár moet jy strooi my as as […]
Inversie-mooi
Duisend gisters het verby gegaan; steeds herroep ek haar naam. Inversie-mooi haar lewe geplooi; tydmaat die dood se mooi. Alleen agter gelaat, het sy my lewe; ontrustendheid eensaamheid my gegewe. Waarom Heer, hierdie seer? Lentes, somers, herfs, winters; verby gegaan ’n duisend gisters. Steeds vul haar parfuum my luggang, voel ek nog klam haar kus […]
taan
wanneer sonstrale tanend ondergaan wolkies in vliese verward versprei voor vlietende suid-ooster woede sneeu wit op kaapse berge rus bokmakierie se roep angstig en senutergend raak knieë nie meer sag wil buig raak gesigte baie skaars op wit strande van my mooiste baai raak gedagtes drome wat telkens terugkeer na verlede se mooi […]
Alleen
BRONS Vir Sarel het die Donderdag soos enige ander weeksdag begin. Vyfuur opgestaan, gestort, ketel gekook en toe die gesin se wakkermaak. En dit, soos gewoonlik, nie sonder sy kwota probleme nie. Jannie kry te koud en wil nog slaap. Sarel pluk hom orent en met dreigemente begin Jannie mompelend beweeg. Sarie moet nog haar […]