Feetjiesirkels van die Namib (goud)
Feetjiesirkels van die Namib wanneer ’n bleek maan laag oor die Hartmansvallei draai hou die wind verleë sy asem op as feë ligvoetig kom dans oor sand wat skyn soos sterstof dan strooi hulle geheime om en om in sirkels terwyl hul tergerig trap en tol omring deur roesrooi rotse tussen oeroue goue sekelduine waar […]
Eva GOUD
Jou hare is soos volrypkoringare in die somerson jou lippe soos granate – oopgebars in rooisoet volmaaktheid jy is ‘n wildsbokkie wild en vry tog skuil daar ‘n leemte agter die kastaaing bruin van jou oë ‘n sweempie misterie In die fynvou van jou mond – sag en sensueeel jy is ‘n seerowerskis […]
Die stoep
#Brons Die Stoep Op hiérdie stoep strek ek vér agteroor en rus my kop teen die verslete houtbank met oulap se lappieskombers oor. Hier lag ek diép uit my maag en ek kerf heel repe dik geelvetbiltong en ek voer die honde wat hulle lui hier voor my vellies tuismaak. Hier lees ek ure lank […]
Gedig van n” ou staaltjie
#Brons Gedig van n’ ou staaltjie Gedig van ou staaltjie wat eindig met dankie arm man wat vra vir skoene by iemand sonder voete Trane wat loop oor wange met diep wetende verlange God ons Redder is in beheer vyand kan hom nie keer Sien mense wat net meer ontvang visie om meer bymekaar te […]
Verspeelde kanse.
Verspeelde kanse Pa was skaars sestig toe hy in ‘n asemnood-oomblik aankondig dat die lang bome van die familiebegrafplaas hom roep. Drie maande later het Vader Tyd die streep getrek. Pa se uurglas was onder vol en bo hol. Die skadus van die lang populiere het in donker vingers sy nuutgegroude graf betas en ek […]
Knewel van die Kruger Wildtuin
Knewel van die Kruger Wildtuin Sy hoë voorkop is nat gesweet toe die nagmerrie hom uiteindelik laat los en hy stadig bewus word van die vars oggend lug in sy kamer. Hy skuif sy hand onder sy kopkussing in en vroetel na sy selfoon. Vieruur. Die dag ontwaak. Die skrander Jason Blount is ‘n Wildbewaarder […]
Soos najaarsdou #silwer
Soos najaarsdou Haar spookasempienk gewaad vertoon sag by haar spierwit kroon, waardig, maar tog vriendelik groet sy elkeen by die kerk se deur. In haar lilapers roomysrok geskep met kromgetrekte hande is sy ‘n Barbie-uitrusting-legende, ‘n aantrekkingskrag vir oud en jonk. In ‘n appelgroen gestileerde pakkie vertoon sy klein en tog kordaat, maar sy groei […]
‘n Gevlerkte lewensles #silwer
‘n Gevlerkte lewensles Dis ‘n heerlike sonskyndag in Mieliemuur. Die sonnetjie kom lê sy spore op die sitkamermat. Die voëls kwetter vrolik in die bome. Ek is seker daar word vergadering gehou tussen die takke oor die somer wat hier is. Daar is ‘n getwiet-twiet dié kant en dan weer gekirrr-kirrr daai kant. In die […]
Graf met siellose asem
Hulle dra dit soos ’n kroon, daardie woord: tronk. Laat dit blink klink, soos ’n medalje wat teen ‘n borskas wink. Generaals van oorloë sonder oorwinnings. Binne is daar net ’n plastiekbak met pap wat afkoel, bruin brood wat aan die verhemelte kleef, en ’n dun streep soet as die dag genadig is. […]
APRIL 2026 – PATRIOTISME PROJEK – KOMMENTAAR EN UITSLAE
Wenners Baie geluk aan hierdie 10 lede! Brons (1) NO 23 Audrey Bierman met Wingerdstok taal (2) NO 7 Juanri met Trots Zuid Afrikaans (3) NO 9 Johan Jansen van Rensburg met Suid Afrika my hart Silwer (1) NO 18 Nicola Brown met Onder dieselfde son (2) NO 16 Retha van Deventer met Heimat van […]