KINDERS
KINDERS
hoe sal ons weet
hoe diep moet ons grou
hoe sal ons maak
om al die wortels
van kankeragtige haat
uit goeie grond te roei
want sluipend lopend
en sommer oornag
spruit geil die leuns
moordadig gedoring
soms wêreldwyd vertak
ek wonder dikwels
en dink verlangend terug
hoe onbesorg ‘n kind
kleurblind kaalvoet
skaterlaggend
heeldag kon baljaar
sonder vooroordeel
in eenvoud vreugde vind
© – Barbara Smit – 21/03/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.