knibbel
–
proe aan die lewe
terwyl die son nog skyn
luister na die branders
terwyl jy nog kan hoor
–
gaan haal die môrester
terwyl jy nog moed het
luister na die voëltjies
se musiek in jou ore
–
stap nou jou stappie
terwyl jou knieë buig
luister na haar stem
terwyl sy nog lewe
–
lewe in sekondes
terwyl minute vlieg
luister na Sy stem
voor jy verstom
–
teken elke prentjie
terwyl jou vingers kan
luister na elke liedjie
wat lewe jou bring
–
pas elke woord in
terwyl dit nog sin maak
luister na elke digter
met sy eie refrein
–
knibbel elke oomblik
uit die kaas van jou lewe
luister na elke klank
wat na lewe klink
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.