Jongste aktiwiteit:

KOMPLEKSITEIT VAN DIE MENS

Na Een beeld gevorm, maar elk individueel.
Almal dieselfde, sal mensdom net verveel.
Met kompleksiteit wat ek soms glad nie kan verstaan,
Loop elke mens in sy eie lewensbaan.

Geen denke ooit dieselfde, uniek is jy gemaak.
Elk met eie keuses, elk na vrye smaak.
Deur jou perspektief sal jy jou waarheid vertel,
Net dit wat jou denke uit jou hart bestel.

Dit wat my skaad, wek in jou geen emosie,
En waarvoor ek lag, vorm dalk in jou erosie.
So vind ek dan in tyd, die wysheid van verstand,
Iets wat in elk van ons harte vas moet brand….

Dan mensdom hulself verdiep en respek aan ieder toon,
Sodat harmonie in hart op aarde saam kan woon.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed