koue
vanoggend kan ek die koue lug op my duin
met ‘n botter mes sny en dit uitpak in grepe
van bitter koud tot vrek koud en in kleure
hier teen die gematigde see lug is die skielik
ook baie koud – so asof die wind iets wil sê
“kyk, ek het jou gister oorgesien, maar vandag”
selfs die meeue vlieg vandag maar baie moeilik
lyk kompleet asof hul vlerke vries in die sproei
meeste sit triesterig op die strand en vere broei
uit wit huisies se torings trek daar lui rook op
lyk asof die rook ook nie sy weg na bo vind nie
net die soet reuk van rooikrans hout wat brand
motors vertrek na hul bestemming met blou gesigte
wat agter veelkleurige maskers die wêreld uitdaag
om te doen wat hy wil – “ons is reg” wil hulle vertel
sal hierdie mal en onvergeetlike jaar ooit verbygaan
“hoe lank nog” sug ek saam met die man in die maan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.