Jongste aktiwiteit:

KROONSTAD SE KRANE DROOG OP

Die oomblik van waarheid het aangebreek, sekere dele van Kroonstad se krane het opgedroog en dit terwyl ander gedeeltes van die dorp nog water het.

Die vraag is hoe gebeur dit dat die meer gegoede woonbuurtes nog steeds water het en minder gegoede woonbuurtes geen water het nie.

Verskonings is daar soos dat sekere gedeeltes laer lê as ander gedeeltes en om te probeer troos is watertenks in hierdie droë woonbuurtes opgerig wat veronderstel is om vol gehou te word deur 26 vragmotors wat daagliks tussen Odendaalsrus en Kroonstad loop om hierdie tenks vol te hou. Hierdie vragmotors is deur die departement van water en sanitasie voorsien.

Hierdie tenks het ook nou helaas opgedroog want sekere damme by die waterwerke moet ook vol gehou word, seker om die mees gegoede woonbuurtes van water te voorsien, en die vragmotors kan nie genoeg voorsien nie.

Ek persoonlik het vanaand een watertek omgegooi aangetref en drie ander leeg.

Tenks wat in die ou tradidionele swart woonbuurtes opgerig is is stukkend gesteek en die krane gesteel met die gevolg dat daardie inwoners nou op ons woon buurtes toesak om water te kry.

Daar is bewerings dat die vragmotors wat die water moet aanry se bestuurders per kilometer betaal word en dat hulle n hele ent by Kroonstad verbygaan en die water dan in die Renosterspruit gaan stort om kilometers op te bou. Om hulle vergoeding op te stoot. Dit is moeilik om die skuldiges vas te vat want hierdie vragmotors het nie nommerplate op nie want hulle is splinternuut en het nog permitte op.

Die droogte kry die skuld maar is dit werklik alles aan die droogte toe te skryf eerder as aan swak bestuur?

Waarom is Serfontein dam se sluise in 2014 met die laaste groot reën oop gelaat en al daardie water het weggeloop.

Pomphuise het nie die nodige aandag gekry en is pompe en kabels gesteel en niks is daaraan gedoen nie, ten spyte van n sekuriteitsfirma wat dit moes voorkom.

Boorgate wat die dorp kon voorsien het nie die nodige aandag gekry nie en is nutteloos. Nou dat die kalf in die put is word pogings aangewend om van die boorgate weer aan die gang te kry.

Met goeie munisipale bestuur sou hierdie krisis nooit plaas gevind het nie en dui hierdie krisis net weer op die onmag van die huidige bestuur.

Ons met egter dankie sê vir organisasies wat reël vir water van ander plekke af en vragmotors vol water Kroonstad toe stuur om die nood te help verlig.

Baie dankie vir julle mense wat soos Saterdagmiddag n hele vrag water by een van die kerke afgelaai het en die mense wat water by die ou stadsaal aflaai.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed