Jongste aktiwiteit:

Kruispad

oor die dooier
van gemufde brood
se skewe grafieklyn
breek die muwwe brokke
van my nagmaal

D A N

uit die skemerskadu’s
tree ‘n begeerte na hoop
om ook hierdie kruispad
heelvoet te kan loop;
oor geroeste doringdraad
en oor haak en steek;
prewelend, kouend
en slukkend
met kíés:
sal ek lag of verstik

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed