Jongste aktiwiteit:

Vreemdeling

kyk die spelende kinders
soos vrolike vlinders
maar jy my kind nou sonder oë
het nie die vermoë
om hul vrolikheid te sien

hoor die gelag van jou maters
soos kabbelende waters
maar vir jou my kind nou sonder ore
is dit nie beskore
om die vrolikheid te hoor

babbelende kinders
spelende vlinders
kabbelende strome
bestaan nog net in jou drome
vir jou kind sonder hoop
is alles verlore

vlinders dartel nog oor branders
maar vir jou is dit anders
‘n vreemdeling
sonder oë
sonder ore
sonder tong
het eendag in jou plek gekom




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed