Jongste aktiwiteit:

leë graf

in een oomblik was jy weg

net die leë aardse dop het gebly

sonder emosie of enige laaste woord

geen groet of laaste seënwoord geuiter

om die waarheid in te vryf – slegs stilte

in ‘n kis, van alle waarde gestroop

beweeg jou oorskot na die vuur

mag ek dit nooit, ooit sien

  

saam met die weg, het stilte gekom

ewige stilte, sonder onderbreking geset

in patroon van ‘n nuwe lewe sonder jou

geloof, hoop en liefde wat nie vergeet

gestroop van die mens wat jy was

wat ek elke oomblik nog verwag

om langs my te wil  beweeg

bestaan jy nog my lief

  

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak