Die rat voor haar oë
Die rat voor haar oë
Haar oë spieël die verbode vrug
lustigheid
slang ’n rat voor die oë van haar gees:
“Eet die vrug, man, jy sal soos God wees!
twyfel
trurat gehoorsaamheid;
begeerte
spieël die verbode vrug in haar oë.
Sy steek haar hand uit
en breek die band tussen goed en kwaad
naaktheid verwyder
die rat voor haar oë …
————–oo00oo———–
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek