Jongste aktiwiteit:

LEERKOFFER

LEERKOFFER

Stof is bruin en duk
net soos jare se vuilgoed in ‘n blik
bo-op die ou verslete leerkoffer
vee ek met ‘n verestoffer

die ou stof van my lewe af
drama wat die lewe verskaf
het ons gedra in die verlede
reg kan maak in die hede

herineringe bring die verlede
bring weer hoop vir ‘n gesonde lewe
dit maak my hart so te vrede
so lank-lank gelede

‘n swaar koffer rondgedra
jy het dit glad nie eers gevra
die sleutel na geluk is opgelos
en nou is jou lewe volkome verlos

© Eleen van Deventer Vorster
07/07/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed