Jongste aktiwiteit:

Liefde is Soos ‘n Potplantjie

Liefde is Soos ‘n Potplantjie

Liefde is soos
‘n afhanklike potplantjie wat
gedurig aandag verg en water
en plantkos vra op sy tyd om
mooi vars en gesond te lyk, maar
almal vra nie soveel water en
plantkos nie want hul wortels sal vrot—
So is die brose liefde afhanklik van al die
liefdesblykies om mooi en gelukkig te lyk,
maar baie is koel, afsydig , en smoor
onder die baie aandag en liefdesbetonings
want hulle kom soos sommige plantjies
met minder water en plantkos klaar—
Met baie of minder aandag bly liefde die
faktor wat harte en lewens
na behoefte saambind —

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

  • Viooltjie

    Janetta, dis nou baie waar wat jy hier skryf. Daar is heelwat plantsoorte wat min aandag vereis, en as jy hulle na hul sin behandel, gee hulle net hul mooiste blomme. Meeste mense maak hul plante dood deur te veel water op te gooi. En sodra hulle sien die plant lyk nie gelukkig nie, gooi hulle nog water. Dit werk ook so by mense, lyk dit my 😊

    • Janetta-Helena Boonzaaier

      Jy ken plante , dis seker en ek wens so ek het meer kennis gehad. Al wat ek weet is dat vetplante nie so baie water kry nie! Baie dankie vir jou kommentaar , ek waardeer dit baie.

Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak