Liefste Daisy
Wyd kwas jou kleur palet die silhoeëtte van die najaarsblom
padlangs tot vér teen die oosterkim se verdwaal,
waar God se hand kwistig jou gesiggie gevorm
het tot ‘n asemrowende prag op ‘n vlak so kaal.
Kon ek maar die saad “mors” in my eie hart, Heer
sodat hul wild en onbeheerst kon groei,
dorstig in hul wortels soekend na meer…
om blom-plaat mooi in die son te skroei.
Kan ek maar my hart vervang met ‘n daisy
wat uit niks – so mooi blom in glorie
sonder hierdie gemoed so “crazy”
met ‘n verlate en vergane storie.
Laat my toe om te blom soos ‘n najaarsblom
sorgloos sonder die alewige bekommerom.
5 Kommentare
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Die foto is ook mooi :-)
-

LadySoul
Ek het baie geniet om dit te lees!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek