Jongste aktiwiteit:

Tweestryd

Tweestryd

Hoe wonderlik
is die mens geskape om
te kan dink en droom en
verbaal uiting te gee aan gevoelens,
skeppend te wees en deur woord en lied
te juig, ween, vertroos, betig en onderrig
en nie slegs op prikkels van buite reageer
nie en dat rede ver verhewe is bo instink en
sing, praat, en stembuigings ver verhewe
is bo een monotoon dierklank—
Dankie dat ons edel emosies van liefde kan ervaar
maar ongelukkig groei daar lelike vratte en onkruid
op ons geaardheid soos haat, nyd, jaloesie en meer
wat ons menswees skend en leef ons lewenslank
met die tweestryd tussn goed en kwaad—

Janetta – Helena [Babs] ©




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed