Jongste aktiwiteit:

As die najaarsblom kon praat . . .

As die blosende kleur van
die kosmos, as najaarsblom kon praat
sou dit die mooi van die lewe verhaal
of sou dit dalk die seer van liefde vertaal?

Sou die doudruppels wat op tenger
stuifmeeldraadwimpers kleef
vertel van ‘n lewe in vreugde geleef;
terwyl die fynheid van haar blarevag

vir beloftes van nuwe môres wag?
Hul pienk-pers gesiggies stadig ronddraai
en tussen brokstukke van gebreekte
wolke na die kwashaal van die son swaai

ja as die najaarsblom kon praat . . .
hoe vertaal ons dan in ink haar lewensverhaal?

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed