Titel
Titel
Heeldag gespartel om klaar te kry met al my dag take sodat ek kan kom skryf.
Met ink op pappier wil ek jou gevoelens deurboor en vasnaal in ons taal.
Hak en tak gaan dit soms om n title te vind maar vir jou gaan ek in n liedjie bind
My oog vang vir Teddy om aanduiding te kry, maar stilweg droom hy voort.
Goeie musiek wat val op die oor, sal my wel bring na n Tiltel wat n hart kan bekoor.
Kom ons gly Teddy, ek en jy
Kom vat n dansie saam met my
Hy gooi nog-als kitaar boogy Teddy
hier kom n ding dis nou ek en jy!
Met eensklaps is ek van die stoel af en ritmies gelei na spasie, vir jou en my.
een twee drie, Hop… een twee drie, Hop… en sommer n lawwe tiekie draai ok.
Hiert! Jy moet gly, terug rekenaar toe, om aan n goue of silver Titel te skryf.
Musiek speel voort en my vingers volg met n passie, ritmies saam opsoek na n fantasie.
Emendasie word aangewend soos ons lyne bou en vas messel, met n glimlag as sement.
Kom ons gly Teddy, ek en jy
Kom vat n dansie saam met my
Hy gooi nog-als kitaar boogy Teddy
hier kom n ding dis nou ek en jy!
Die geboorte van my Titel
© Marieta Calitz[LadySoul]
4 Kommentare
-
neels
ek is nogal mal hieroor
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
Oulik. Ek geniet die beeld van saam met Teddy dans om iets geskryf te kry :-)