Liefste moeder
Liefste moeder (Epistel)
Blaai ek deur foto-album van ons samesyn
sluiterspoed my emosies prentjies van onthou
u deernis wat my voetjies was
plaas op die voetpaadtjie na Jesus
my oase deur die woestyne van my lewe
van samesyn tot samesym
brûe van versoening bou
die skerwe van my lewe optel na elke teleursteling
soos ’n pottebakker stukkie vir stukkie met u liefde
weer aanmekaar balsem
wanneer ek moeg raak en wil opgee
my arms omhoog hou
u glimlag wat die suiwerste klanke uit die lewe kon haal …
moeder
u nie meer met ons nie
máár
ek ruik u samesyn in die soet geur van die jasmyn in my tuin
ek hoor u stem in die melodie van die wind
ek sien u glimlag tussen die sterre wat aan die naghemel wemel
ek proe u in die vonkel van die rooiwyn op my lippe
én
wanneer die wind koel en soel oor my spoel voel ek die deernis
van u lippe op my wang
nóú
vou ek ons samesyn met ’n traan toe
in die heimwee
van my hart
—————————oo00oo——————————
(© Pieter Mostert)
[STERGRADERING = BRONS]
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek