Spore van samesyn
Spore van samesyn
Vasgekluister in ’n ouetehuis
tru-spieël haar oë angstig
traan-staar verlangend hoopvol
na spore van samesyn
om in haar raam te verskyn
luister …
hoor …
sien …
elke spoor van samesyn
opgewonde in die raam verskyn
máár
haar raam bly leeg
geen spoor of stem of glimlag
vul haar raam van samesyn
eensaamheid spore haar raam
skielik !
onthou sy
Jesus is Sy naam
in Getsemane spore Sy naam
die raam van eensaamheid
om haar ook in die genaderaam
van Sy spore
vir ewig
in te sluit …
——————–oo00oo——————-
(© Pieter Mostert)
2 Kommentare
-
Driekie
Pragtige gedig, Pieter, wat warm om die hart kom sit.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek