Lig in die Duisternis.
Lig in die Duisternis.
Kersfees is meer as net geskenke en blink liggies. Dit is ’n tyd van hoop, ’n herinnering dat lig altyd sterker as duisternis is. In ’n wêreld vol haas bring hierdie tyd ons nader aan mekaar. Gesinne wat saamkuier rondom die feestafel, deel van die seisoen, selfs al is die wêreld vol uitdagings.
Maar Kersfees is ook ’n tyd vir introspeksie. Is ons bereid om ander se lewens aan te raak, nie net met geskenke nie, maar met opregte dade van liefde en omgee? Miskien is dit die vriend wat jy onverwags bel of die buurman wat jy help, net om te wys jy gee om. Want uiteindelik gaan Kersfees nie net oor geskenke onder die boom, maar oor wat in ons harte leef.
Laat ons hierdie seisoen kies om vir ander om te gee. Dis die ware geskenk – die lig wat ons versprei, lank nadat die kranse afgehaal is.
©MarleneErasmus
31/12/2024
(150 woorde)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2024 – Kersfees projek