Jongste aktiwiteit:

November 2019 projek – Laat-lente

Beste INKers,

Wat ‘n aangename voorreg om weer by INK as Moderator betrokke te wees. Na ‘n Sabbatsreis van ‘n paar maande is die gees versterk en sien ek uit om weer by julle wonderlike kuns betrokke te raak.

Aangesien ons by die voorlaaste maand van die jaar is, is die projek tema hierdie maand “Laat-lente”.

Al die kategorieë moet dit (Laat-lente) as tema gebruik word asb.

1. DIGTERS:

Skryf ‘n 16 lyn, 4 strofe gedig.
Geen voorskrifte oor rympatrone.

2. VERHAALSKRYWERS:

Skryf ‘n liefdesstorie met die bogenoemde tema.
800 – 1200 woorde.
Dui woord telling aan.

3. RUBRIEK/ARTIKELSKRYWERS:

Gebruik die tema.
Nie meer as 800 woorde nie.

4. GORRELS:

Gebruik die tema.
Minder as 800 woorde.

Dit gaan ‘n voorreg wees om weer aan julle uitsonderlike talent te deel.

Afrikaanse groet
INKMODERATOR

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE
REëLS

Uitslae sal van nou af 30 dae ná afsnydatums op Ink beskikbaar wees. Ons het hierdie besluit geneem omrede die Ink-moderator met beperkte tyd hierdie splinternuwe diens GRATIS aan Ink-lede lewer.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed