Jongste aktiwiteit:

Magiese realisme

Magiese realisme

ʼn Kiewiet trippel rond
soos ʼn Beatle op Acid
“Lucy in the Sky with Diamonds”
drie treë vorentoe, wieg-wieg
linkerpoot in die lug –
in gitswart kykers
draai ʼn rolbos om en om.

Met my rug teen die growwe bruin
van ʼn perskeboom, bekyk ek die kring:
groen, onwrikbaar groen,
die lug het omgedop in dieper blou,
fyn haartjies op ʼn perske
ʼn takkie knak
en die vrug val in my hand.

Veerwolke valskerm
na ʼn sorgvrye tyd
met die smaak van kondensmelk
reën en son –
ek vergaap my aan die goddelose kaalkopman:*
“Do what thou wilt shall be the whole of the law.”

Winde tregter in my (wan)begrip
oor die gehekel van tyd,
splinter in simbiose
met die vormlose negende uur:
“Eloï, Eloï, lama sabagtáni?”

Ek struikel teen verganklikheid
maar omhels tóg ʼn blinde jaargety
in hierdie spasie
van magiese realiteit.

© Ernst Fernando dos Santos

* Aleister Crowley soos hy op die Beatles se Sgt. Pepper’s Lonely Hearts Club Band
album verskyn het.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed