‘n Saggeus-hart
O sondig-man, Saggeus
Verhoed-verbande, geldreus
Jy’s ongewild
Met al jou sondeskuld
O soekend-man, Saggeus
Uit jou vyeboom wat nie wil bot
Soek jy na God
Hy vind jou in Sy Heiligdom
O belydend-man, Saggeus
Hardloop vooruit
Vertel die mensdom
Want dit word laat
O Geseënd-man, Saggeus
Deur God is jy bevry
Want by God’s gebod het jy gebly
Daarom het Hy vir jou gely
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.