mens
–
waar is jou oorsprong
waar lê die angel van jou kwaad
jy wat goed was – en tog ook nie
mens volmaak geskapene
–
wie is ek, arme mens
waar is ek dan op pad heen
ek wat onskuldig gebore was
ek, wat net sonde doen
–
mens bevrees voor God
sterre wissel, storms loei en gaan
jy, mens, jy wat na Sy beeld is
jy, ondankbare mens
–
wat gaan in jou kop aan
trauma, siektes, lewenstrome
jy, mens, wat ewig kan leef
mag jy, mens, vergifnis erf
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.