Jongste aktiwiteit:

Musiekbalk van my lewe

SILWER GRADERING

Musiekbalk van my lewe

Ons harte harmoniseer nie meer;
gedwonge skeiding het die musiekbalk
tussen jou lirieke en my note verweer,
vergestalt in beloftes met leë akkoorde

jou oë het weggedraai, in gebaretaal,
sonder begeleiding, die werklikheid ontsnap,

en in die somber klanke van Bach se musiek
die note in die sinfonie van ons agapēdroom
in skerwe laat spat, sodat elke himne
in die musiekbalk van my hart verbrand het

omdat jy jou oë van my af weggedraai het
en in gebaretaal, die werklikheid ontsnap het,

klankkleur my emosies bedrukte vals note
in die klawers van my klavierspel
tóg tel ek jou beeld stukkie-vir-stukkie
en nootjie-vir-nootjie weer op

en herkomponeer ek jou lirieke met die gom van onthou
binne die musiekbalk van my lewe,…

—————–ooo0ooo—————–

©Pieter Mostert

[ ‘agapedroom’ = ’n Neologisme, agapē = is een van die Griekse woorde wat as liefde vertaal word, en meer spesifiek ‘Goddelike liefde’, met verwysing na die liefde tussen God die Vader en Jesus die Seun asook die liefde wat God vir die mens het in Joh. 3:16. In my Neologisme is ‘agapēdroom’ ’n liefdesdroom wat gegrondves is in die Liefde van God wat ‘agapē’, is.]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed