
MY KINDERS
As ek die dag hier weggaan,
dan moet jul net verstaan.
Moet my asseblief nie haat,
uit eie keuse sal ek jul nooit verlaat.
Tog sal ek altyd by jul wees,
al is dit net in gees.
Oor julle,my kinders,sal ek waak,
selfs al kan ek nie aan jul raak.
Jul hartseer en pyn sal ek aanskou,
twee klein hartjies,gedompel in rou.
Dan moet jul net onthou,al is ek weg,
my liefde vir julle sal nie sterf,want dit is eg.
Liefde Mamma.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.