LIEFDE LANK GELEDE
By die straat kafee op die hoek,
het ek jou een somersdag ontmoet.
Dit was liefde met die eerste oog opslag,
in jou oe kon ek die duiweltjies sien dans en lag.
n Warrelwind romanse het ontstaan,
min het ek geweet dat jy weer weg moes gaan.
Jy het my die hof gemaak,
jy het my hart diep aan geraak.
Gou het ek my oor gegee aan jou,
net om uit te vind,jy het reeds n vrou.
Dit was n soel somersaand toe jy my verlaat,
my hart was stukkend,en ek was kwaad.
Met n skok het ek besef ek verwag,
ek het vir jou gewag,dag na dag.
Van jou was daar geen taal,geen tyding,
ek was gebroke deur ons skeiding.
Dae het weke,en weke het maande geword,
jy het my verlaat,steeds was jy vort.
Vroeg in Februarie het ons seun die lewenslig aanskou,
sy handjies,sy haartjies,sy oe,n ewebeeld van jou.
Later die jaar het ek jou gedagvaar vir onderhoud,
ek onthou die hofsaal,so onpersoonlik en koud.
Maar tog het ek toe reeds geweet,
dat ek jou nooit sal kan vergeet.
n Hartseer tyd het vir my voor gele,
ek het jou gemis,ek wou jou so graag terug he.
Op n dag het jy my laat weet,
dat jy my nog altyd liefhet,en nie kan vergeet.
Jy het terug gekom na my en ons kind,
saam het ons liefde,vreugde en vrede gevind.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.