Jongste aktiwiteit:

My lewensverhaal. Brons

My lewensverhaal

Here,
ek was vanoggend na die flieksaal
maar nie somaar vir enige fliek nie.
Ek was by die premier van my eie lewensverhaal.
Here, die ouditorium was vol mense,
kollegas deur die jare, familie en gesin,
kliënte, kinders, ouers,
my mentors en my tutors,
en al die leiers tussenin.
Ag, somaar almal wat iewers in my lewe
my pad gekruis het, was daar.
Kassiere, kelners, ontvangs
en almal het na my gekyk.

Here, ek was beangs,
want die fliek het geen detail uitgelaat
en hoe verder ek kyk, hoe meer het ek myself gehaat,
maar meer nog
ek het gewonder wat die fliekgangers moes dink,
veral vir die vir wie ek ‘n hero was
toe hulle my skelm transaksies sien,
toe hul my seksuele losbandigheid aanskou.
Soveel lelike woorde en vloeke uit my mond,
al die geraamtes in my kas.
Ek het daaroor soveel berou,
maar dis nou te laat,
want voor die wêreld lê dit nou oop en bloot
en ek skaam my morsdood.

Here, party het reeds vroeg die saal verlaat
en na my gekyk met haat en ongeloof,
van vertroue en respek vir my beroof,
want die fliek skets ‘n ander prentjie
as dit wat ek nog altyd voorgehou het.
Ek wou ook loop
om myself verleentheid te spaar,
want dit wat almal na kyk
is ongelukkig waar,
geen detail is gespaar.

Here,
nou sit ek maar hier in my kamer
my deure toegesluit.
Ek wil niemand sien nie Here.
Hoe kan ek hulle in die oë kyk?
Die vader, eggenoot en vriend
wat ek veronderstel was om te wees
nou net titels onverdiend.

Maar dan verseker u my, Here
van die opvolgverhaal.
U storie, die kruisverhaal,
vir al hierdie vieslike goed
het u volmaak betaal.
En verheug kan ek weer asemhaal,
want u verhaal
is ook my verhaal
©️HENN




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed