Jongste aktiwiteit:

My taal onbeskaamd Afrikaans!

Ai, lappieskombers van woorde en klank
ons kan mos nie anders om God te dank
vir jou, Afrika-tulp wat kleurvol blom
as wondergif wat uit Sý hand uit kom

want God het jou soos broos liefde geplant
om suiwer-eg soos ’n pronkdiamant
keurig met kwinkslag en praal-idioom
die lewe se gang in woord te verdroom!

Daar is geen Taal wat soos jy kan bekoor
en nooit nie, ja nóóit haar skoonheid verloor
want liefde word brandend met jou besing
selfs ook die dood wat die ewigheid bring!




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed