Jongste aktiwiteit:

VOETSPORE OP MY HART

Ek lê en luister terwyl die wind sy koggel laggie laat eggo
tussen die asterplante op my voorstoep

Ek lê en luister na jou asemhaling met jou lyf teen myne
en voel hoe dit voetspore op my hart graveer

Die dorp se aandklokke tril die dag se oorjas stoffies los
en strooi ʼn stil grou dooprok
oor die dor beendere van die dorpie uit

Ek lê met jou in my arms
en jou voetspore op my hart
jou sagte asemhaling
jou wese deel van my

Die sandkorrels teen die vensterrame
giggel in die oggend se son kielievingers
en ek lê met jou in my arms
en jou voetspore op my hart

Fonteintjies bloei tot waterstrome
en rol oor klippe gegrimeer met mos
terwyl jy in my arms lê
en jou asemhaling
voetspore op my hart graveer




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed