Jongste aktiwiteit:

TE MIN TYD

Waarheen spoel die dae met die sekondes heen
as ‘n herfsblaar oor my skouer in sy spiraalkolk spoel
en flenters langs my skoensool val

Wat is tyd as dit soos mis
met ‘n Judaskus tussen die lang gras in die dal
verdwyn tot niks

Roer die stokkerige lamppale
doelloos in die laataand bergwind
soos lewelose lappoppe heen en weer
spartel die laaste strale van die son oor die wye oseaan
en skree daar iemand uit ‘n venster: tyd is ons te min gegun




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed